Die Rally-Raid Dagboek
Izaac Beytell & Stompie Mynhardt
Publishing Details
About This Podcast
Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld.
Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee passievolle manne wat self diep in die sport leef. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, terwyl Stompie ’n boer en ervare renjaer is met jare se eerstehandse stof, sweet en adrenalien agter die stuur.
Saam het hulle Die Rally-Raid Dagboek gestig om ’n platform te skep waar die regte mense kan praat: die ryers, spanne, ondersteuners en legends wat rally-raid so ’n unieke en rou sport maak. Deur hul aangrypende stories, wedren-ervarings en agter-die-skerms-insigte wil hulle luisteraars nie net laat verstaan hoe die sport ontwikkel het nie, maar hulle ook laat saamry op die opwindende hedendaagse avonture van rally-raid.
Of jy ’n toegewyde aanhanger, nuuskierige beginner of self ’n stofvreter is – hierdie is die potgooi vir almal wat die brul van ’n turbo, die reuk van brandstof en die roep van die bos en woestyn avonture verstaan.
Podcasting 2.0 Features
Explore Statistics
Recent Episodes
S1E4 Episode 4 – Hannes Grobler (Deel 2 van 2)
Ons gesels verder met Hannes Grobler – 10-malige Nasionale Kampioen en een van Suid-Afrika se grootste motorsport legends.In hierdie episode deel Hannes nog meer van sy ervaringe in die rally-raid…
S1E3 Episode 3 - Hannes Grobler (Deel 1 van 2)
In hierdie episode gesels ons met Hannes Grobler – 10-malige Nasionale Kampioen en een van Suid-Afrika se grootste motorsport legends.Hannes vertel openhartig oor:Sy grootwordjare in Rustenburg, waar…
Episode 2 - Buks Carolin (Deel 2 van 2)
In hierdie episode van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons verder met die sesmalige Nasionale Kampioen en een van die legendes van rally-raid in Suid-Afrika, Buks Carolin. Hy deel onder meer:Die…
Episode 1 - Buks Carolin (Deel 1 van 2)
In hierdie episode van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons met Buks (Bruce) Carolin, 6-malige nasionale kampioen en een van die legendes van rally-raid in Suid-Afrika.Begin sy loopbaan in 1983 as…
Voorskou - Die Rally-Raid Dagboek
Welkom by Die Rally-Raid Dagboek – ’n weeklikse potgooi oor rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld.Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt, twee passievolle aanhangers van…
Frequently Asked Questions
Die Rally-Raid Dagboek has published 5 episodes since May 2026, covering topics in Automotive, Leisure.
Die Rally-Raid Dagboek is currently highly active with new episodes weekly. Average episode length is 34m.